Welkom by Henri Alant se website

Henri Alant is 'n 26 jarige Afrikaanse Kunstenaar vanuit Pretoria en dié nuwe sangsensasie beskik oor alles wat nodig is om hom stewig in die Afrikaanse musiekmark te vestig! Sy album "Bly by my" gaan sy aanhang, in Suid-Afrika aansienlik vergroot. Henri is nou gekontrakteer deur Fantasia musiek / en word versprei deur Coleske Artists van Suid-Afrika alhoewel dit nie sy eerste kennismaking met die opname-ateljee is nie; hy het in 2008 sy eerste demo CD gemaak en 2 liedjies op die CD was nommer 1 op van S.A se plaslike radiostasies. Sowel het hy 'n nominasie lasjaar los geslaan waarvan hy 2de gekom het onder van S.A se TOP Kunstenaarslys.
“Ek het November 2009 my platekontrak los geslaan,” vertel hy. "My platebase het my volle spasie gegee om liedjies te skryf en te kon kies en wat 'n vooreg is dit nie vir enige nuwe kunstenaar wat onder so groot platemaatskappy val om spasie te kan he nie." Ek is baie opgewonde hieroor!” Hoewel hy gewoond is aan optredes, was dié projek vir hom ‘n opwindende leerkurwe.
Hy gesels met bewondering oor die gepoleerde popklank van die album; die resultaat van die kreatiwiteit van die regisseur en klankingenieur Roelof Bouwer, en die SAMA Wenner Deon van der Merwe wat die kitare vir hom gedoen het beteken net dat die Album baie goed gaan verkoop. Henri was die geleentheid gebied om boonop kreatief te ontwikkel en het elf van die veertien liedjies op die album self geskryf ook met hulp van Nelius Ferreira en Roelof Bouwer.
“Ek het vreeslik baie by Deon geleer en ek voel nou sommer meer musikant. Ek was by soveel aspekte van die album betrokke, ook by die naproduksie.”
"Liedjies waarna ek uitsien is die titel snit: Bly by my asook CUPID en Sal jy." vertel hy. Met ‘n spinternuwe album, radiotreffers en ‘n volwassenheid wat sy jeug omarm, is Henri gereed vir welslae. Voeg daarby ‘n goeie stem en vasberadenheid om dinge te laat werk – en Henri Alant hét alles wat nodig is om ‘n popster te skep!
Sy ouers ondersteun hom in alles wat hy aanpak. “Musiek was nog altyd deel van die familie, hoewel ek die eerste een is wat dit professioneel aanpak,” sê Henri. “Ek is regtig bevoorreg dat my ouers in my glo en ‘n deurlopende ondersteunende rol in my musiekbedrywighede speel.
Sy album is Julie 2010 landwyd in alle musiek winkels. Hou hom dop op die kassie waar hy vanaf Julie sy TV verskynsels begin te maak op die gewilde glans program kykNET; 8 Julie Glitterati asook 30 Julie op die student kanaal MK Live wat wys dat sy musiek vir jonk en oud daar buite is - DKNT en Jukebox volg in Augustus en September.